Theatre

Sneeuwitjie at Emperors Palace!

6 May- 12 June

Hare so swart soos roet, vel so wit soos sneeu, lippe so rooi soos bloed…”

`n Splinternuwe Afrikaanse pantomime leef van 6 MEI TOT 12 JUNIE 2016 op die verhoog van Emperors Palace. Vars op die hakke van die opspraakwekkende ASPOESTERTJIE (Cinderella) gee SNEEUWITJIE (Snow White) magiese gestalte aan die tydlose vraag “Spieeltjie, spieeltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?”

Die produksie spog met groot name in die Suid-Afrikaanse musiek en in die teaterwereld, ook aan beide kante van die verhoog: Die immergewilde NADINE as Sneeuwitjie en die legendariese ANGELA KILIAN as die bose Koningin, met die gesogte HEIDI EDELING as Musikale Regisseur.

REYNARD SLABBERT maak die sprong van TV na verhoog en sluit by hulle aan as die Prins, terwyl gunstelinge soos TIAAN RAUTENBACH en CLINT LESCH weereens gehore gaan laat skaterlag.

Onder die vaandel van Add-Life Productions – vervaardigers van ESTER, DROOMKIND, LIEFLING, FROM THE FOOTLIGHTS en natuurlik ASPOESTERTJIE – en met Regisseur WESLEE LAUDER aan die stuur, beloof SNEEUWITJIE om nog `n hoogtepunt in Afrikaanse teater te wees.

Bring die hele gesin na `n wonderwereld van klank en kleur wat kinders sal betower, en grootmense weer soos kinders sal laat voel!

For more info, see computicket!

Click to comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Latest News

To Top